· LAPA Publishers · 내레이터: Hendrik Nieuwoudt
오디오북
3시간 17분
무삭제
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기
19분 샘플이 필요한가요? 오프라인일 때를 비롯해 언제든지 들을 수 있습니다. 
추가

오디오북 정보

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.

저자 정보

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf. Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

오디오북 평가

의견을 알려주세요.

오디오북을 듣는 방법

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
Google Play에서 구입한 도서를 컴퓨터의 웹브라우저로 읽을 수 있습니다.