Tolbos

· LAPA Publishers · Озвучення: Carla Smith
3,0
2 відгуки
Аудіокнига
13 год 59 хв
Повна
Google не перевіряє оцінки й відгуки. Докладніше.
Хочете отримати зразок на 1 год 23 хв? Слухайте будь-коли, навіть не в мережі. 
Додати

Про цю аудіокнигу

Katrien is 'n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvry-toer wat Suid-Afrika in die tagtigerjare tref. En in die verre Pole het 'n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid. Irma Joubert skryf oor mense. Haar romans lees so lekker, want hulle word deur die karakters gedryf. Joubert se lesers sal dit dus nie vreemd vind dat Katrien en Wladek mekaar vind in hierdie onstuimige tye nie. Dit is onafwendbaar dat hierdie twee karakters aangetrokke tot mekaar sal wees, hoewel hulle uit twee wêrelde, twee taalgroepe en verskillende kulture en godsdienste kom. Die gedeelde passie is hulle vurige betrokkenheid by ’n rewolusie teen die bestaande orde. Die einde moet ’n triomf vir die mens se binneste wees, anders is dit nie ’n Irma Joubert-teks nie. Tolbos is die derde boek in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, en Tussen stasies, die tweede boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG. Vervaardig deur Bib.Africa. Voorgelees deur Carla Smith.

Оцінки та відгуки

3,0
2 відгуки

Про автора

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was ’n Mondi-finalis. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het. In 2008 was Irma ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2012.

Carla Smith is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat veral bekend is vir haar hoofrol as Kittie Claasen in die kykNET-dramareeks Tydelik Terminaal. Sy behaal haar Baccalaureus Drama-graad (2016-2018) aan die Universiteit van Stellenbosch. Carla het in Maart 2016 haar televisie-akteursdebuut gemaak in die gasrol van Suster Breedt in seisoen 11 van die kykNET-sepie Binnelanders. In 2017 vertolk ook die rol van Mia in die kortfilm Die Maan Val Bewusteloos.

Оцініть цю аудіокнигу

Повідомте нас про свої враження.

Інформація щодо прослуховування

Смартфони та планшети
Установіть додаток Google Play Книги для Android і iPad або iPhone. Він автоматично синхронізується з вашим обліковим записом і дає змогу читати книги в режимах онлайн і офлайн, де б ви не були.
Портативні та настільні комп’ютери
Придбані в Google Play книги можна читати за допомогою веб-переглядача вашого комп’ютера.