Ver wink die suiderkruis

· LAPA Publishers · Voorgelees deur Andrea Winckler
4,0
1 resensie
Oudioboek
9 u. 26 min.
Onverkort
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete
Wil jy 'n voorbeeld van 56 min. hê? Luister enige tyd, selfs vanlyn. 
Voeg by

Meer oor hierdie oudioboek

Sy is ryk John Woodroffe se dogter, Bernard Neethling ’n myner in een van haar pa se myne. Dalk nog een van die armblankes wat Kate ondersoek. Hulle leef in twee wêrelde, sonder ’n brug vir hul liefde. Vervaardig en opgeneem deur BiB.Africa. Voorgelees deur Andrea Winckler.

Graderings en resensies

4,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was ’n Mondi-finalis. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het. In 2008 was Irma ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2012.

Andrea Winckler is 'n drama-onderwyser en stemkunstenaar van Stellenbosch, Suid-Afrika.

Gradeer hierdie oudioboek

Sê vir ons wat jy dink.

Luisterinligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan boeke wat op Google Play gekoop is, met jou rekenaar se webblaaier lees.