Irma Joubert is gebore en geto├л in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekond├кre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het sedertdien as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer, is in 2005 aangewys as Media24 se Spesialisjoernalis van die Jaar en was тАЩn Mondi-finalis. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, P├йrsomi en Kronkelpad wat by NB Uitgewers verskyn het. In 2008 was Irma тАЩn finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2012.
Andrea Winckler is 'n drama-onderwyser en stemkunstenaar van Stellenbosch, Suid-Afrika.