Blou sjokolade

· Penguin Random House South Africa
E-boek
168
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...

Meer oor die skrywer

Christien Neser het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Sy het ook ’n honneurs in Frans by UNISA en ’n MA in Toegepaste Linguistiek en Vertaling by UJ voltooi. Tans woon sy saam met haar man en honde in Bryanston, Johannesburg. Hulle het drie kinders (Louise, Michael en Chris) wat al uit die nes uit is. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. Ander belangstellings van Christien sluit in: Franse klasse, tandem-fiets ry, lees en tuinmaak. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Die gesin hou van aktiewe vakansies, soos fietstogte en 4X4 toere. Die Elle-reeks het ontstaan op ’n kampeervakansie in Botswana. Die reeks is gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ’n aweregse heldin, humor en romanse.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.