Brandmerk

· Penguin Random House South Africa
5.0
2条评价
电子书
312
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.



’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean – eens Francke – waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

评分和评价

5.0
2条评价

作者简介

Christelle van Rooyen-Wessels is die skrywer van die rillers Adder (wat vir ʼn ATKV-Woordveertjie benoem is) en Brandmerk. Sy is op De Aar gebore en het daarna aan die Hoërskool Warrenton in die Noord-Kaap gematrikuleer. Christelle is tans die mediabestuurder van die Noordwes Koerantgroep. Sy woon aan die voet van die Magaliesberge in Rustenburg in Noordwes.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。