Die vertrek waarin ek my opgestopte voรซltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voรซleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voรซlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en โn ma mag haar kind nie haat nie.
Hulle is onder โn kareeboom in die agtererf besig om na โn janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hรฝ โn tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sรช nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria.
Nou, jare later, en kort nรก die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar โn kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het.
Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak โ โn kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie.
Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan โn laksman is Rosaria self?