Die Rook wat Donder

· Babelcube Inc.
4.0
2条评价
电子书
229
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Piet en Peggy, saam met hulle baba dogter, Heather, staan ​​op die punt om 'n gas te kry by hulle safarikamp huis ... Die versorging van hulle vriende se dogter vir 'n paar dae sal maklik wees. Piet, die grof en harde safari eienaar, het Oom Piet geword vir die klein Debi van die dag af wat hy haar veilig uit die wrak van die vliegtuig gebring het waarin haar ouers verongeluk het. Terwyl die donderweer rol oor die Afrika hemelruim, en 'n waarskuwing stuur aan diegene wat sou omgee om ag te slaan op die magtige Zambezirivier wat vorentoe beweeg soos 'n stootskraper, met niks om dit terug te hou nie ... Kan Piet die kind red van die woedende waters van die magtige Zambezi voordat sy oor die valle stort met die tuimelende waters en bose rotse onder?

评分和评价

4.0
2条评价

作者简介

Paul Zunckel is gebore in 1957 in Zimbabwe, toe bekend as Rhodesië. Sy gesin verhuis na Suid-Afrika in 1966, waar hy sy skoolopleiding aan Kingsway Senior High School in Amanzimtoti voltooi.
Hy het sy twee jaar Nasionale diens in die Suid-Afrikaanse Weermag gedoen as 'n Ops Medic, hy wou sy hart volg en medisyne bestudeer, maar die lewe het sy eie pad gehad.
Paul word in diens geneem deur Lug Beheer vir twintig jaar, en hy was betrokke in bestuursposte vir meer as vyf en twintig jaar. Hy het 'n Menslike Hulpbronbestuur Diploma, en is 'n geakkrediteerde fasiliteerder.
Hy het begin om voltyds te skryf in Augustus 2014, oor iets wat naby aan sy hart is ... Afrika. Die geheime, die bygelowe, en al die skoonheid en verraad van die land. Hy hou sy vrou verantwoordelik vir die pad wat hy nou reis, want sy was die dryfkrag agter hom in sy debuutbundel, Bloed Maan oor Afrika. Sedertdien het die stories in ‘n ry gestaan om vertel te word.
Paul is lief om te skryf want dit neem hom na 'n ander wêreld, en hy geniet die reaksie wat hy ontvang van lesers.
Afgesien van die skryf van romanse, speel hy ook kitaar en skryf sy eie materiaal, hoewel hy nie in staat is om musiek te lees nie. Musiek vorm 'n groot deel van sy lewe, en hy kan aanspraak maak op een CD, hoewel hy sê, "Ek is te oud om 'n held te wees."
Hy het twee kinders uit 'n vorige huwelik, en is getroud met Lucie, die liefde van sy lewe, vir die laaste veertien jaar. Paul en sy gesin woon in die Oos-Kaap, Suid-Afrika saam met sy beste vriend wat ‘n man kan hê, 'n kruising tussen ‘n Alsatian/ Lab wat antwoord om die naam "Pooch" en wat by sy voete lê elke keer wat hy gaan sit om te skryf en nie sal beweeg totdat "sy mens " klaar is en Die Einde tik nie.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。