Die Soen

· Penguin Random House South Africa
E-boek
115
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Sy soen op vyftien het haar wêreld uitmekaargepluk; sy leef vandag nog met die selfverwyt saam. Wouter Mulder was kleintyd haar held. Ook die ou wat Stefanie se hart gebreek het. Maar hy’s nog net so veroordelend, onverdraagsaam, krities. Hulle herontmoeting ná jare het net weer die ou vyandigheid aangeblaas. Hy verneder haar steeds, spot met haar, glo sy het ‘n verhouding met die getroude akteur wat sy as lyfwag op stel in Mpumalanga moet beskerm. Sy kan nie vir Wouter sê sy pas Hunter Manning op nie. Niemand weet nie, maar almal wonder, skinder. En vererger Wouter se afkeer in haar by die dag.

Meer oor die skrywer

Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ’n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Sy is voltyds onderwyser wat werk en bly in Mpumalanga se Laeveld, ’n omgewing wat skeppingswerk inspireer. Voeg daarby ’n man wat haar giere en geite verstaan en twee getroude kinders met ’n eiesoortige humorsin, dan het sy alles wat sy nodig het.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.