Die drie lewens van Hannli Human

· Penguin Random House South Africa
4,5
2 resensies
E-boek
236
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-aanvalle, moet sy en haar gesin hul plaas verlaat en Suid-Afrika toe verhuis.

As student beleef sy ’n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet.

Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, ’n dogtertjie, Nell. Maar ’n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie. Toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock.

Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?

Graderings en resensies

4,5
2 resensies

Meer oor die skrywer

Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Waar onthou begin, Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti. Laasgenoemde twee is vir ’n ATKV-veertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.