Die hond wat ophou blaf het

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
320
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

“Die naald sink tussen haar oe in en buig. Die blink tandartsspuit van vlekvrye staal tref die skedel hard. Bloed. Sy hand lig weer op ...”
Izak Hugo is ’n gefrustreerde tandarts van Port Elizabeth. Hy haat sy werk en smag na ’n meer vervullende lewe. Snags word hy deur gewelddadige drome geteister. Soos sy onvergenoegdheid opbou, begin hy sporadiese oomblikke van geheueverlies beleef.
Wanneer hy ná so ’n episode sy vriend se verwurgde poedel in sy bakkie ontdek, begin hy sy greep op die werklikheid en homself verloor. Sake vererger wanneer ’n jong bendelid vermoor word en die bende vermoed dat lzak die skuldige is.
lzak besluit om Transkei toe te vlug, maar die bloedspoor volg hom.
’n Kaalvuis sielkundige riller deur ’n opwindende nuwe skrywer. ’n Geveg tot die dood toe tussen goed en kwaad, maar die rolverdeling is net so onseker soos die uitslag.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Jo Nel is op Swellendam gebore en het op Mosselbaai grootgeword. As tandarts het hy onder meer in Port Elizabeth en die voormalige Transkei gepraktiseer. Hy het ook vir ’n jaar in Suid-Korea gaan skoolhou. Hy woon tans op Mosselbaai.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.