Bets het begin skryf omdat sy in die liefde glo en wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Deesdae skryf sy omdat sy nie anders kan nie, want dis bevredigend om karakters te skep, navorsing te doen en gelukkige eindes te bewerkstellig. Sy en haar man is sedert 2018 dolgelukkig in die Suidkaap waar sy voltyds kan skryf omdat inspirasie volop is. Die natuur, ’n man wat haar verstaan en ondersteun, twee getroude kinders en vyf kleinkinders, werk saam om die stories te laat vloei.