In die stormagtige jare voor en tydens die groot trek raak drie vroue se lewe vervleg in βn stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.
Katrien is βn sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle βn lewe op βn plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teΓ«spoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.
Dina, βn slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans βn geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.
Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sΓ½ is deel van Katrien se kring. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.
Π€ΠΈΠΊΡΠΈΡΠ° ΠΈ ΠΊΡΠΈΠΆΠ΅Π²Π½ΠΎΡΡ