Dina Botha glo liefde is soos om ’n klippie in ’n poel water te gooi. Die rimpeleffek kan nie anders as om ander mense se lewens te raak nie. Daarom skryf sy al vir 11 jaar lank liefdesverhale met ‘n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het ná jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaar geskraap toe te gee aan haar passie vir skryfwerk. Sy bly in Pretoria en het vier kinders.