Djin in 'n koffiekan

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

TClea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir ’n djin in ’n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om ’n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad. Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om ’n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel ’n towerdrankie is.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

p>Bets het begin skryf omdat sy in die liefde glo en wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Deesdae skryf sy omdat sy nie anders kan nie, want dis bevredigend om karakters te skep, navorsing te doen en gelukkige eindes te bewerkstellig. Sy en haar man is sedert 2018 dolgelukkig in die Suidkaap waar sy voltyds kan skryf omdat inspirasie volop is. Die natuur, ’n man wat haar verstaan en ondersteun, twee getroude kinders en vyf kleinkinders, werk saam om die stories te laat vloei.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.