Nรก sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.
Gilbert se pad kruis met diรฉ van die Howlers, โn trio voormalige tronkvoรซls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeรซ teรซ, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort.
Kuilsrivier bied โn tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van โn dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?
Tom Dreyer se Dorado is โn magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo