Driehoek

· Penguin Random House South Africa
Llibre electrònic
291
Pàgines
Apte
No es verifiquen les puntuacions ni les ressenyes Més informació

Sobre aquest llibre

As jy Tessa Badenhorst is, kom daar ’n dag waarop alles wat jy gedink het jy is en bereik het, uitmekaar val. Dis die dag waarop jou liefde, jou loopbaan en die lewe in jou van jou weggeneem word en jy alleen en ontredder voor jou eie menslikheid te staan kom. Niks kan daardie pyn verdof nie, nie eers pille of drank nie. Natuurlik, om alles te kroon, is dit Hertzog van der Walt wat toekyk hoe sy breek. En ’n professor in Teologie gaan haar nie verstaan of haar vir haar menslikheid vergewe nie, maak nou nie saak hóé sterk die hitte tussen hulle klop nie. Boonop is daar Amanda, sy suster en die vrou wat sy op die ergste moontlike manier te na gekom het, wat deur haar eie hel moet worstel en terselfdertyd twee tienerkinders moet ondersteun wat dreig om die spoor byster te raak.

Sobre l'autor

Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barrista tot ’n persoonlike assistant tot ’n boekhouer in ’n bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne ’n geloofwaardige storie liefde saam met ’n geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al ’n paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van ’n student en die ounooi van twee bedorwe honde.

Puntua aquest llibre electrònic

Dona'ns la teva opinió.

Informació de lectura

Telèfons intel·ligents i tauletes
Instal·la l'aplicació Google Play Llibres per a Android i per a iPad i iPhone. Aquesta aplicació se sincronitza automàticament amb el compte i et permet llegir llibres en línia o sense connexió a qualsevol lloc.
Ordinadors portàtils i ordinadors de taula
Pots escoltar els audiollibres que has comprat a Google Play amb el navegador web de l'ordinador.
Lectors de llibres electrònics i altres dispositius
Per llegir en dispositius de tinta electrònica, com ara lectors de llibres electrònics Kobo, hauràs de baixar un fitxer i transferir-lo al dispositiu. Segueix les instruccions detallades del Centre d'ajuda per transferir els fitxers a lectors de llibres electrònics compatibles.