Christien Neser het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy het aan die HoΓ«rskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Sy het ook βn honneurs in Frans by UNISA en βn MA in Toegepaste Linguistiek en Vertaling by UJ voltooi. Tans woon sy saam met haar man en honde in Bryanston, Johannesburg. Hulle het drie kinders (Louise, Michael en Chris) wat al uit die nes uit is. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. Ander belangstellings van Christien sluit in: Franse klasse, tandem-fiets ry, lees en tuinmaak. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Die gesin hou van aktiewe vakansies, soos fietstogte en 4X4 toere. Die Elle-reeks het ontstaan op βn kampeervakansie in Botswana. Die reeks is gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van βn aweregse heldin, humor en romanse.