Minette Greuningen se wêreld stort saam met haar pa se finansies in duie. Sy moet skielik op haar eie bene staan en vir haarself sorg. Boonop dink die aantreklike dokter Hugo Storm met sy ysblou oë en selfs kouer houding net die ergste van haar, selfs dat sy nie haar studies sal voltooi nie. Maar sy het nie deursettingsvemoë nodig nie, sy kort kontant, en haar desperate pogings om haar studiegeld bymekaar te kry én siel en liggaam aanmekaar te hou, bring haar net dieper in die warm water by hom. Is dit regtig nodig dat hy altyd daar is as dit met haar sleg gaan? Kan hy haar nie maar net uitlos nie?