Franse vlegsel

· Elle-reeks Book 6 · Penguin Random House South Africa
eBook
112
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wêreld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly. ’n Kloosterkoek wat nie in ’n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop. Boonop lyk dit asof dit die ergste skooljaar van Elle se lewe gaan wees, want sommer op dag een verloor sy:
- haar status as ’n meisie met ’n ou;
- haar haarstyl;
- haar waardigheid voor die hele skool;
- en die silwer ketting en sleuteltjie wat Alex vir haar gegee het.
Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak ’n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë egter onverwags sy opwagting, en Elle se hart begin vreemde dinge doen ...

christien neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van elle kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe elle-avontuur te verslind nie. die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregse en romanties soos sy voorgangers te wees

About the author

Christien Neser het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Sy het ook ’n honneurs in Frans by UNISA en ’n MA in Toegepaste Linguistiek en Vertaling by UJ voltooi. Tans woon sy saam met haar man en honde in Bryanston, Johannesburg. Hulle het drie kinders (Louise, Michael en Chris) wat al uit die nes uit is. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. Ander belangstellings van Christien sluit in: Franse klasse, tandem-fiets ry, lees en tuinmaak. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Die gesin hou van aktiewe vakansies, soos fietstogte en 4X4 toere. Die Elle-reeks het ontstaan op ’n kampeervakansie in Botswana. Die reeks is gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ’n aweregse heldin, humor en romanse.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.