Frieke se Beskermengel

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Ná haar verloofde se dood tydens ʼn kapingspoging worstel Frieke met skuldgevoelens. Op aandrang van haar ouers en haar beste vriendin vertrek sy na Italië waar haar stiefbroer, Marco, as argeoloog werk. Haar reis en hul soektog na Alarick se legendariese graf maak die verre en onlangse verlede vir haar oop. Terwyl sy en Marco in Cosenza tussen Middeleeuse geboue en antieke ruïnes ronddool, herstel die onverklaarbare breuk tussen hulle geleidelik.Terselfdertyd word dit ʼn ontdekkingsreis na haar ware self en wat in haar eie hart lê. Dit bring vertroosting en genesing, asook die antwoord op ʼn ou raaisel. Ondanks verraad, misverstande en gevare vind sy die kosbaarste skat: Ware geluk.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Bets het begin skryf om aan haarself te bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Deesdae skryf sy omdat skrywers (meestal!) beheer het oor die karakter en gebeure, en omdat sy glo liefde bied antwoorde op meeste kwelvrae. Sedert 2017 skryf sy voltyds, want danksy ’n man wat haar verstaan en ondersteun, twee getroude kinders en vyf kleinkinders, het sy alles wat sy begeer. Hul verhuising na die vreedsame Suidkaap in 2018 bring nuwe inspirasie in die vorm van unieke mense en eiesoortige natuurtonele wat jou om elke draai verras.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.