Vyf jaar lank laat Lana Marius Jansen se oorheersing toe. Sy voorskriftelikheid. Hy neem haar besluite en dit dompel haar uiteindelik in โn diep depressie. Toe sy agterkom hy het โn minnares, kies sy koers Karoo toe. Na haar ousus toe. Maar Sunet-hulle is nie daar nie en sy beland by Wilhelm van Zyl. In sy onpretensieuse huisie op sy uitgestrekte plaas, ervaar sy net aanvaarding en versorging. By hom is daar geen veroordeling nie, net genade. En diรฉ het sy bitter nodig. Nรก die miskraam, die aborsie en die mislukte selfmoordpoging, is sy aan haar eie oordeel uitgelewer. En dis nie sag nie. Maar sy kan nie vir ewig wegkruip nie. Sy sal haar probleme in die oรซ moet gaan kyk, haar eie besluite neem. Alleen. Sy weet nog nie hoe vorentoe nie, maar sy weet weer daar is wel โn pad. Sy moet hom net kry.