In Die Duisternis

· Babelcube Inc.
5,0
2 resensies
E-boek
333
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Piet van Zyl stap in die donker van sy gedagtes in toe 'n gewelddadige hou teen die agterkant van sy kop veroorsaak dat hy aan geheueverlies ly. Hy word vir dood agtergelaat, in die wildernis van die Zambezi-vallei, die huis van die Groot Vyf, ongewapen en sonder om te weet wie hy is of waar hy vandaan kom.
Die soektog is aan vir die fris Suid-Afrikaner, een is 'n soek en red, die ander 'n soek en vernietig. Wie sal Piet eerste kry ... sal hy die wildernis van Afrika kan oorleef, die land wat hy liefhet, of sal dit hom vernietig.

Graderings en resensies

5,0
2 resensies

Meer oor die skrywer

Paul Zunckel is gebore in 1957 in Zimbabwe, toe bekend as Rhodesië. Sy gesin verhuis na Suid-Afrika in 1966, waar hy sy skoolopleiding aan Kingsway Senior High School in Amanzimtoti voltooi.
Hy het sy twee jaar Nasionale diens in die Suid-Afrikaanse Weermag gedoen as 'n Ops Medic, hy wou sy hart volg en medisyne bestudeer, maar die lewe het sy eie pad gehad.
Paul word in diens geneem deur Lug Beheer vir twintig jaar, en hy was betrokke in bestuursposte vir meer as vyf en twintig jaar. Hy het 'n Menslike Hulpbronbestuur Diploma, en is 'n geakkrediteerde fasiliteerder.
Hy het begin om voltyds te skryf in Augustus 2014, oor iets wat naby aan sy hart is ... Afrika. Die geheime, die bygelowe, en al die skoonheid en verraad van die land. Hy hou sy vrou verantwoordelik vir die pad wat hy nou reis, want sy was die dryfkrag agter hom in sy debuutbundel, Bloed Maan oor Afrika. Sedertdien het die stories in ‘n ry gestaan om vertel te word.
Paul is lief om te skryf want dit neem hom na 'n ander wêreld, en hy geniet die reaksie wat hy ontvang van lesers.
Afgesien van die skryf van romanse, speel hy ook kitaar en skryf sy eie materiaal, hoewel hy nie in staat is om musiek te lees nie. Musiek vorm 'n groot deel van sy lewe, en hy kan aanspraak maak op een CD, hoewel hy sê, "Ek is te oud om 'n held te wees."
Hy het twee kinders uit 'n vorige huwelik, en is getroud met Lucie, die liefde van sy lewe, vir die laaste veertien jaar. Paul en sy gesin woon in die Oos-Kaap, Suid-Afrika saam met sy beste vriend wat ‘n man kan hê, 'n kruising tussen ‘n Alsatian/ Lab wat antwoord om die naam "Pooch" en wat by sy voete lê elke keer wat hy gaan sit om te skryf en nie sal beweeg totdat "sy mens " klaar is en Die Einde tik nie.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.