Rouxlรฉ is โn onafhanklike vrou wat nie โn man nodig het nie. Sy wil wel een hรช. Meer spesifiek, sy wil vir Francois hรช. Sy sluk haar trots en stel haarself aan hom voor, maar hy maak dit duidelik dat haar bravade hom nie beรยฏndruk nie. Haar brein skreeu vir haar dat sy wye draaie om hom moet loop, liefs van hom moet vergeet, maar haar hart het ander planne. Francois besef gou dat hy โn fout gemaak het. Rouxle het dadelik โn indruk op hom gemaak en hy sal enigiets doen vir โn tweede kans. Al is dit om sy eie trots in die sak te steek en aan homself te erken dat die vurige rooikop met die eksentrieke hare reeds in sy hart leef.