Die digter Ingrid Jonker was 31 toe sy in die vroeë oggendure van 19 Julie 1965 verdrink het, al beweer bronne sy was ’n jaar ouer. Vandag bespiegel mense steeds oor menige ander feit rondom die lewe van dié fassinerende figuur. Meer as 50 jaar later verskyn hierdie eerste omvattende biografie van Jonker: die dogter van ’n stoere volksraadslid getroud met ’n vrou uit die Afrikaner-adel; die minnares van bekende skrywers en kunstenaars; die enkelouer sonder ’n vaste heenkome vir haar en haar kind; maar veral die digter wie se aansien ná haar dood steeds toeneem. Hierdie toeganklike biografie vertel Jonker se lewensverhaal: Met haar ma wat in inrigtings opgeneem is, word Ingrid as dogtertjie deur haar ouma versorg. Sy tree kortstondig in die huwelik met die pa van haar meisiekind, terwyl haar digterstalent met die aanmoediging van ’n boheemse vriendekring ontwikkel. Haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere die skrywers Jack Cope en André P. Brink word breedvoerig beskryf; ook haar angswekkende laaste paar uur en die kontroversie daarna. Nuwe inligting uit briewe, dagboeke en opnames van gesprekke met vriende en familie kort ná haar dood dra by tot hierdie verhaal van vlees en bloed oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kultusfigure.
Biografieën en memoires
Ацэнкі і агляды
4,0
1 водгук
5
4
3
2
1
Звесткі пра аўтара
Petrovna Metelerkamp werk die afgelope 17 jaar as uitgewer en is tans voltydse skrywer. Sy is ook joernalis en radio-omroeper en was op die redaksie van die tydskrifte Huisgenoot en Insig. In 2003 stel sy Ingrid Jonker – Beeld van ’n digterslewe vry, in 2012 Ingrid Jonker – A Poet’s Life. Sy is die samesteller van onder andere Gesprekke oor Ingrid Jonker en die briefbundels ’n Blywende vreugde – Briewe van Audrey Blignault en Mits dese wil ek vir jou sê – Briewe van Hennie Aucamp. Sy woon en werk in Vermont in die Kaap.
Ацаніце гэту электронную кнігу
Падзяліцеся сваімі меркаваннямі.
Чытанне інфармацыb
Смартфоны і планшэты
Усталюйце праграму "Кнігі Google Play" для Android і iPad/iPhone. Яна аўтаматычна сінхранізуецца з вашым уліковым запісам і дазваляе чытаць у інтэрнэце або па-за сеткай, дзе б вы ні былі.
Ноўтбукі і камп’ютары
У вэб-браўзеры камп’ютара можна слухаць аўдыякнігі, купленыя ў Google Play.
Электронныя кнiгi i iншыя прылады
Каб чытаць на такіх прыладах для электронных кніг, як, напрыклад, Kobo, трэба спампаваць файл і перанесці яго на сваю прыладу. Выканайце падрабязныя інструкцыі, прыведзеныя ў Даведачным цэнтры, каб перанесці файлы на прылады, якія падтрымліваюцца.