Ingrid Jonker: n Biografie

· Penguin Random House South Africa
4.0
1 条评价
电子书
456
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Die digter Ingrid Jonker was 31 toe sy in die vroeë oggendure van 19 Julie 1965 verdrink het, al beweer bronne sy was ’n jaar ouer. Vandag bespiegel mense steeds oor menige ander feit rondom die lewe van dié fassinerende figuur.
Meer as 50 jaar later verskyn hierdie eerste omvattende biografie van Jonker: die dogter van ’n stoere volksraadslid getroud met ’n vrou uit die Afrikaner-adel; die minnares van bekende skrywers en kunstenaars; die enkelouer sonder ’n vaste heenkome vir haar en haar kind; maar veral die digter wie se aansien ná haar dood steeds toeneem.
Hierdie toeganklike biografie vertel Jonker se lewensverhaal: Met haar ma wat in inrigtings opgeneem is, word Ingrid as dogtertjie deur haar ouma versorg. Sy tree kortstondig in die huwelik met die pa van haar meisiekind, terwyl haar digterstalent met die aanmoediging van ’n boheemse vriendekring ontwikkel. Haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere die skrywers Jack Cope en André P. Brink word breedvoerig beskryf; ook haar angswekkende laaste paar uur en die kontroversie daarna. Nuwe inligting uit briewe, dagboeke en opnames van gesprekke met vriende en familie kort ná haar dood dra by tot hierdie verhaal van vlees en bloed oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kultusfigure.

评分和评价

4.0
1 条评价

作者简介

Petrovna Metelerkamp werk die afgelope 17 jaar as uitgewer en is tans voltydse skrywer. Sy is ook joernalis en radio-omroeper en was op die redaksie van die tydskrifte Huisgenoot en Insig. In 2003 stel sy Ingrid Jonker – Beeld van ’n digterslewe vry, in 2012 Ingrid Jonker – A Poet’s Life. Sy is die samesteller van onder andere Gesprekke oor Ingrid Jonker en die briefbundels ’n Blywende vreugde – Briewe van Audrey Blignault en Mits dese wil ek vir jou sê – Briewe van Hennie Aucamp. Sy woon en werk in Vermont in die Kaap.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。