Katelknaap

· Penguin Random House South Africa
۵٫۰
۳ مرور
ای-کتاب
272
صفحه‌ها
واجد شرایط
رده‌بندی‌ها و مرورها به‌تأیید نمی‌رسند.  بیشتر بدانید

درباره این ای-کتاب

Tristan Hansen is amper sewe-en-twintig, aantreklik en ’n engel van plesier: ’n gigolo waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Oor die liefdespel kan niemand hom iets vertel nie.
In sy luukse dakwoonstel in Maboneng reik sy herinneringe terug na die vroue wat hom as jong man gevorm en van genot geleer het. Dit was veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorp in Italië, waar hy hom kon loswikkel van die beklemming van sy ma wat hom ná sy pa se dood alleen grootgemaak het.
Maar Tristan word deur foonoproepe vol dreigende stiltes geteister en iemand hom hou dop. Terwyl sy verlede soos ’n Johannesburgse storm oor die horison aanrol, verlang hy terug na gelukkiger dae in Positano en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Nadat die blitsverkoper Die plesierengel twintig jaar gelede verskyn het, is Tristan Hansen terug soos duisende lesers hom sal onthou in Leon van Nierop se stomendste verhaal nóg.

رتبه‌بندی‌ها و مرورها

۵٫۰
۳ مرور

درباره نویسنده

Leon van Nierop is al meer as 44 jaar in die vermaaklikheidsbedryf as omroeper, vervaardiger, regisseur, skrywer in al die media, TV-aanbieder en -vervaardiger en rolprentresensent vir verskeie publikasies, radio en televisie. Hy is ook ’n dosent, hy was spesiale professor in film en is steeds ’n beoordelaar wat op verskeie panele sit. Hy is ’n vryskutkjoernalis, doen profiele oor kunstenaars en akteurs, is ’n reisrubriekskrywer en is welbekend vir sy filmresensies.

رده‌بندی این کتاب الکترونیک

نظرات خود را به ما بگویید.

اطلاعات مطالعه

تلفن هوشمند و رایانه لوحی
برنامه «کتاب‌های Google Play» را برای Android و iPad/iPhone بارگیری کنید. به‌طور خودکار با حسابتان همگام‌سازی می‌شود و به شما امکان می‌دهد هر کجا که هستید به‌صورت آنلاین یا آفلاین بخوانید.
رایانه کیفی و رایانه
با استفاده از مرورگر وب رایانه‌تان می‌توانید به کتاب‌های صوتی خریداری‌شده در Google Play گوش دهید.
eReaderها و دستگاه‌های دیگر
برای خواندن در دستگاه‌های جوهر الکترونیکی مانند کتاب‌خوان‌های الکترونیکی Kobo، باید فایل مدنظرتان را بارگیری و به دستگاه منتقل کنید. برای انتقال فایل به کتاب‌خوان‌های الکترونیکی پشتیبانی‌شده، دستورالعمل‌های کامل مرکز راهنمایی را دنبال کنید.