De Wet Potgieter het sy joernalistieke loopbaan in 1974 by Oggendblad in Pretoria begin en het ʼn baie produktiewe en opwindende 38 jaar in die media beleef. Maar dit is nog geensins op ʼn einde nie.
Hy het onder meer ook by Beeld in die Pretoria-kantoor, Die Burger in Kaapstad en is later tot nuusredakteur van Die Vaderland in Johannesburg bevorder waarna hy vanaf 1986 tot 1993 tydens die interresantste en stormagtigste tye in die geskiedenis van Suid-Afrika as ondersoekende joernalis en militêre korrespondent gewerk het.