Kwart voor ’n bloedbad

· Penguin Random House South Africa
電子書
240
頁數
符合資格
評分和評論未經驗證 瞭解詳情

關於這本電子書

“Is this the beginning of bloodshed, or the end? So het Pretoria News berig oor die dramatiese gebeure op Vrydag 11 Maart 1994 toe chaos in Mmabatho losgebars het wat skokgolwe deur die wêreld gestuur. Deur die jare het hardnekkige gerugte bly lewe dat Eugene Terre’Blanche en die AWB in der waarheid ’n bondgenoot van die De Klerk-regering was. Daar word beweer dat die AWB se gewapende invallers wat verantwoordelik was vir die chaos wat in die strate van Mmabatho en Mafikeng losgebars het, reg in die hande van die ANC gespeel het. Die land is onregeerbaar gemaak en president Lucas Mangope se regering is so tot ʼn val te bring. De Wet Potgieter vertel in hierdie openbarende boek van talle onderhoude met die destydse leiers van die Boere Krisis Aksie (BKA) en die Afrikaner Vryheidsfront (AVF) wat aan die voorpunt van regse verset teen De Klerk se hervormingsplanne was. Die organisasies is oortuig dat hulle die geleentheid tot ordelike burgerlike verset ontneem is en dat die Nasionale Party die AWB gebruik het om die regse vleuel van die Afrikanervolk so negatief moontlik te laat lyk. Hierdie bewerings weerklink in die woorde van Jakkie Cilliers van die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) in sy navorsingstuk “From Pariah to Partner” waarin die gebeure in Mbabatho beskryf word: “Die ware oomblik toe die mag van die NP na die ANC oorgedra is, was gedurende Maart 1994 in die gewese tuisland van Bophuthatswana.” De Wet Potgieter onthul in hierdie boek die verhaal agter die verhaal en gee antwoorde op vrae wat tot nou toe on beantwoord was. ’n Boek wat niemand met ’n belangstelling in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis koud sal laat nie.

關於作者

De Wet Potgieter het sy joernalistieke loopbaan in 1974 by Oggendblad in Pretoria begin en het ʼn baie produktiewe en opwindende 38 jaar in die media beleef. Maar dit is nog geensins op ʼn einde nie.

Hy het onder meer ook by Beeld in die Pretoria-kantoor, Die Burger in Kaapstad en is later tot nuusredakteur van Die Vaderland in Johannesburg bevorder waarna hy vanaf 1986 tot 1993 tydens die interresantste en stormagtigste tye in die geskiedenis van Suid-Afrika as ondersoekende joernalis en militêre korrespondent gewerk het.

為這本電子書評分

請分享你的寶貴意見。

閱讀資訊

智能手機和平板電腦
請安裝 Android 版iPad/iPhone 版「Google Play 圖書」應用程式。這個應用程式會自動與你的帳戶保持同步,讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
手提電腦和電腦
你可以使用電腦的網絡瀏覽器聆聽在 Google Play 上購買的有聲書。
電子書閱讀器及其他裝置
如要在 Kobo 等電子墨水裝置上閱覽書籍,你需要下載檔案並傳輸到你的裝置。請按照說明中心的詳細指示,將檔案傳輸到支援的電子書閱讀器。