Karien het hom al vyf jaar lank lief, maar hy het iemand anders bo haar gekies en ver weg gegaan. Nou is Schalk terug en ondanks haar beste voornemens laat hy haar hart steeds vinniger klop. Hy durf nie uitvind dat sy steeds snags wakker lê oor hom nie. Hy het immers haar liefde versmaai en haar hart gebreek.
Schalk het gedink hy en Ronika sou vir altyd saam wees, maar iets het skeefgeloop en nou vertrou hy nie meer sy oordeel as dit by vroue kom nie, veral nie sy ontwakende gevoelens vir Karien nie ...
Om sake te vererger, span die familie saam om die twee bymekaarte kry. Sal Schalk besef hy het destyds die fout van sy lewe gemaak of gaan hy Karien weer deur sy vingers laat glip?