Liefde van Haar Lewe

· Penguin Random House South Africa
E-boek
208
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou ’n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ʼn tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ʼn aand wat sy eerder wil vergeet. Omar de Vries onthou vir Esti goed… Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?

Meer oor die skrywer

Dina Botha glo liefde is soos om ’n klippie in ’n poel water te gooi. Die rimpeleffek kan nie anders as om ander mense se lewens te raak nie. Daarom skryf sy al vir 11 jaar lank liefdesverhale met ‘n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het na jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaar geskraap om in te gee aan haar passie vir skryfwerk. Sy bly in Pretoria en het vier kinders.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.