Liefde vir 'n vuurvreter

· Penguin Random House South Africa
E-boek
126
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Imke trou halsoorkop met Mark Parker en kom tot haar skok agter dis eintlik Robert, sy broer, wie se naam op die huweliksertifikaat staan. Die Parker-naam moet ten alle koste beskerm word, en Imke en Robert besluit om die charade te leef tot sy haar groenkaart en hy sy wynplaas in Frankryk gekry het. Dan sal hulle paaie skei. Dis toe nie so maklik om platonies, én boonop getroud, saam in een huis te woon nie. Gaandeweg besef Imke haar liefde is geanker in Robert, terwyl hy weet sy lewe sonder die kern van sy hart, sy vuurvreter-Imke, sal nooit weer dieselfde wees nie, al beland hulle voornemende egskeiding dan ook op die rotse.

Meer oor die skrywer

Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê verskyn in Januarie 2014 en daarna sien vele ander Romanzas, Super-Romanzas en Novelles die lig. Met soveel onvertelde stories in haar kop en hart, hoop sy om nog lank liefdesverhale te skryf. Didi wen in 2018 die ROSA Imbali-toekenning met Liefde vir ’n Ridder en in 2021 vir As dit voel soos Liefde. Didi was ook al drie keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys vir romanse.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.