Locum op ski's

· Penguin Random House South Africa
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Dat Yentl Beylstra as tweejarige ’n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met ’n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in ’n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van ’n klomp koggelende matrieks gered. Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde nie. Jare later, na ’n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in ’n tandartspraktyk iin Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus – die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel. Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen ’n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.

Meer oor die skrywer

Rina Cilliers woon saam met haar eggenoot op Hartenbos, sogenaamd afgetree. Sy was bevoorreg om voltyds ma (van vier kinders) en tuisteskepper te wees, het al vele kere in haar lewe op verskeie plekke gebly, maar hulle kinders het hoofsaaklik skole en universiteit in Pretoria bygewoon, waar hulle vir 25 jaar gebly het, en daarna Kaap toe en toe Greyton toe wat die punt van haar hart was. Buiten ma en vrou wees, is haar lewe interessant, kreatief en bowenal, positief; dis in hierdie gees wat hulle ’n hegte familie gevorm het.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.