Frances Vermaak skryf oor dinge en plekke wat vir haar van groot betekenis was; en wat haar gewone bestaan na iets onvergeetliks verander het. Twee van haar kinders woon in Europa en twee hier. Hulle is so naby as βn rekenaargesprek of βn telefoonoproep. Wanneer die verlange te groot word, gaan kuier sy vir hulle en beleef dan vir βn tydjie lank βn ander, opwindende leefstyl. Sy probeer dat haar lesers iets van die dinamika van die lewe, soos sy dit ervaar, beleef. Sy neem hulle saam op βn bootreis in Rusland, na die sjampanje spelonke van MoΓ«t et Chandon, na die blomgevulde valleie van die Isle of Man, of binne-in die dartelende see van die Natalse Suidkus. Karakters waarmee lesers kan identifiseer, word in haar verhale ingeweef. Met die agtergrond van eksotiese plekke, probeer sy situasies skep waarmee hulle bekend is. Sy hoop dat sy in haar doel slaag.