Meneer Monster

· Penguin Random House South Africa
eBook
64
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

’n Skoolhoof met ’n humorsin? Hy kom beslis van ’n ander planeet! Marko kan nie glo meneer Van Vuuren is so cool nie. Hy dink wraggies kattekwaad is snaaks. Dit lyk of hy van stout kinders hóú! Hy reël selfs ’n kamp vir baie spesiale leerders waarheen hy al die moeilikheidmakers in die skool nooi. Maar Marko begin vermoed iets is nie pluis nie. Hoekom het dit gelyk of meneer Van Vuuren twee kinders se breins deur hul ore uitsuig? Is die nuwe hoof dalk ’n alien … en hoe gaan hy dit bewys? ’n Gruwelike grilstorie (wat jou plek-plek sal laat skaterlag) uit die pen van die bekroonde skrywer Jaco Jacobs en swart-en-wit illustrasies deur Johann Strauss.

About the author

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde top-verkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is ’n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Van Jaco se boeke is al wêreldwyd in Engels gepubliseer, en ook in Nederlands, Italiaans, Spaans en Sloeweens vertaal. Onder Jaco se talle bekronings tel die Rapport/kykNET-prys, die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die Scheepersprys, die MML-letterkundeprys en 34 ATKV-Kinderboektoekennings, en ’n SALA-prys sowel as ’n benoeming vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.