тАЩn Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van тАЩn jong joernalis тАУ sonder haar arm.
Vir di├й kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondl├к kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken.
Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie тАЩn ryding nie nadat тАЩn inwoner тАУ тАЩn aantreklike een daarby тАУ met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het.
Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van тАЩn bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur тАЩn soortgelyke trok getref is.
Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar?
Terwyl Storm antwoorde op di├й tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as тАЩn haaihokduik тАУ sonder die hok.