Beatrix Smith woon in Akasia in die Noorde van Pretoria. Haar liefde vir lees het op elfjarige ouderdom begin, toe sy Die Arabiese Nagte van haar peetpa ontvang het. Op hoërskool het sy haar ma en susters se biblioteekkaartjies gebruik om tot veertien boeke op ’n slag uit te neem. Sy is gelukkig getroud met Raymond en het drie kinders, Raymie, Chantelle en Jesse en ses kleinkinders. Met die kleinkinders in Nieu-Seeland en Oudtshoorn hou sy haar besig met skryf, ʼn droom wat sy nog altyd wou uitleef.