Nog Maklike soet happies vir kinders

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 件のレビュー
電子書籍
144
ページ
利用可能
評価とレビューは確認済みではありません 詳細

この電子書籍について

Elke hoofstuk in Nog Maklike Soet Happies vir Kinders bevat ’n ander partytjietema, insluitende treine, monsters, skape, skoenlappers, bye, superhelde, lappoppe en dinosourusse. Al die soet happies word gemaak deur maklik bekombare bestanddele te gebruik, soos malvalekkers, roomyshorinkies, jellielekkers, stokkielekkers en wafelbeskuitjies. Elke tema sluit ’n middelstuik vir die tafel in wat gebruik kan word as die tradisionele verjaardagkoek. Die eenvoudige aanwysings vereis nie bak- of spesialisvaardighede nie en is gemik op enige ouer wat die perfekte kinderpartytjie wil reël sonder om te veel geld of ure in die kombuis te spandeer. Kinders sal groot byval vind by al die peuselhappies en temas kan aangepas word volgens voorkeure en ouderdomme. Pragtige fotografie en stilering vertoon die peuselhappies op ’n besondere manier en verskaf verdere idees vir partytjies.

評価とレビュー

5.0
1 件のレビュー

著者について

Sedert die verskyning van haar eerste boek, Maklike soet happies vir kinders in 2012, verskyn Janette Mocke gereeld op televisieprogramme, insluitende Pasella, Espresso en Hectic Nine (SATV 2), sowel as in die tydskrif, ‘Your Family’. Ná skool het sy ’n aantal suksesvolle koeke vir haar familie en vriende gebak, waaronder haar eie troukoek. Haar skeppings was so suksesvol dat sy besluit het om haar stokperdjie haar besigheid te maak. Vandag is sy die eienaar van ’n Supacake-agentskap, bak koeke en kolwyntjies, en tower peuselhappies op vir verjaardae, troues en ander spesiale geleenthede.

この電子書籍を評価する

ご感想をお聞かせください。

読書情報

スマートフォンとタブレット
AndroidiPad / iPhone 用の Google Play ブックス アプリをインストールしてください。このアプリがアカウントと自動的に同期するため、どこでもオンラインやオフラインで読むことができます。
ノートパソコンとデスクトップ パソコン
Google Play で購入したオーディブックは、パソコンのウェブブラウザで再生できます。
電子書籍リーダーなどのデバイス
Kobo 電子書籍リーダーなどの E Ink デバイスで読むには、ファイルをダウンロードしてデバイスに転送する必要があります。サポートされている電子書籍リーダーにファイルを転送する方法について詳しくは、ヘルプセンターをご覧ください。

Janette Mocke のその他の書籍