Oepse daisy, Lulu

· Lulu-reeks Boek 3 · Penguin Random House South Africa
E-boek
43
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos ’n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in ’n groot operakonsert te sing. Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar ’n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red … ’n Heerlike boek vir jong lesers wat op soek is na humor en ’n lekker spannende storie — met Elsbeth Eksteen se fantastiese volkleurillustrasies wat bydra tot die pret!

Meer oor die skrywer

Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en Offers vir die vlieë wen 2019 se kompetisie.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.