Outeur Owen Jones, uit Barry, Suid Wallis, het begin novelle skryf redelik onlangs, al het hy sy hele volwasse lewe geskryf. Hy het geleef en gewerk in verskeie lande en het na baie meer lande gereis. Hy praat, of het gepraat, sewe tale vlot en is nou besig om Thai te leer aangesien hy in Thailand bly saam met sy Thai vrou met wie al tien jaar getroud is. “Dit het my nog nooit lank geneem om ‘n taal te leer nie,” het hy gesê, “maar Thai het geen verhouding met enige ander taal wat ek al voorheen geleer het nie.” Wanneer hy gevra word oor sy skryfstyl, antwoord hy, “Ek is ‘n Kelt en ons is romanties. Ek glo in reïnkarnasie en baie meer in daardie trant. Daardie gelowe, soos ‘Doen aan ander...’ en ‘wat jy saai sal jy maai’, Lot en Karma is sentraal in my lewe, so dit reflekteer in my werk.” Sy eerste novelle, ‘Daddy’s Hobby’ uit die reeks ‘Behind The Smile: The Story of Lek, a Bar Girl in Pattaya’ is opgevolg deur vier ander boeke, maar in sy versameling is “The Megan Series’, agtien novelle oor die psigiese ontwikkeling van ‘n jong tiener meisie, die sub-titel is “A Spirit Guide, A Ghost Tiger and One Scary Mother!’ som dit netjies op. Soos Owen dit self sê: ‘Gebore in die Land van Liefde, Leef in die Land van Glimlagte.’