Paul Rodney Turner is in Sydney, Australië, gebore en het in Sydney se uitgestrekte, Westelike voorstede in staatsbehuising grootgeword. Van ’n baie vroeë ouderdom af was hy geïnteresseerd in astronomie, astrologie, numerologie, potspel en grafiese ontwerp. Op die ouderdom van 19 het Paul die huis verlaat om ’n kluisenaarslewe in Sydney se Blue Mountains te lei. In hierdie tyd het hy Jain 108 ontmoet, ’n ontluikende kunstenaar en heilige geometrikus, wat gefassineer was met towervierkante. Jain het Paul se nuuskierigheid oor hierdie towervierkante geprikkel. Kort daarna het Paul by ’n ashram aangesluit om ’n bhakti-yogi te word, en ’n eed van selibaatheid geneem. Vir die volgende 14 jaar het Paul, nou bekend as Priyavrata das – of Priya in kort – by sy mede-Vaishnava-monnike, die antieke leringe van die Vedas soos onderrig deur Sy Goddelike Hoogheid, A.C. Bhaktivedanta Swami bestudeer. Gedurende hierdie tyd het Priya sy belangstelling in die mistieke kuns van numerologie en heilige geometrie verder beoefen. Dit is dus geen verrassing dat Paul se fassinasie met geometrie en getalle later uitgebrei het tot sy bydrae tot die potspel-wêreld met die uitvinding in 2006 van die wêreld se beste mikafrigter, The Billiard Aim Trainer (BAT), en later met sy boek, The Yoga of Pool, waarin hy sy liefde vir potspel met Oosterse wysheid gekombineer het. Paul is op die oomblik die internasionale direkteur van Food for Life Global, ’n wêreldwye netwerk van organisasies wat plantgebaseerde voedsel voorsien. Hy het vir meer as 30 jaar vrywillige werk vir hierdie niewinsgewende organisasie gedoen en meer as 60 lande dwarsdeur Europa, Asië en die Amerikas besoek om die NWO internasionaal uit te brei. Die NWO bedien daagliks tot tweemiljoen maaltye vir diegene in nood. In 2011 het Paul Food Yoga – Nourishing Body, Mind & Soul geskryf en gepubliseer om mense oor die antieke, geestelike tradisi