Silwerspoor van die maan

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Zara is vasbeslote om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie, maar een van avontuur. Sy leer vir Fernando ken en raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit.
Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara met silwermunte om na die baba om te sien terwyl hy na die ma gaan soek. Hy weier egter om te sê waar die munte vandaan kom. Sy begin vermoed dat hy die seerower is wat ’n trommel vol soortgelyke muntstukke van ’n handelskip in die hawe van Tafelbaai geplunder het.
Sy bewaar egter sy geheime, want die geld help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te vereffen. Op dié manier sal haar pa se skandes ten minste ’n geheim bly. En sy hoef nie met Hendrick te trou as betaling van haar pa se skuld nie.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Vir Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n dromer en romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met manlief Etienne en is ’n trotse ouma.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.