Skakerings van geluk (SuperRomanza)

· Skakerings van-reeks Book 4 · Penguin Random House South Africa
eBook
304
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ... Lea Richter is vasgevang in ’n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan ’n rolstoel vasgekluister erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande - met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder ’n skuilnaam om haar balans te probeer hou. Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits - ’n motorfietsrenjaer en handelaar - stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend – die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep. Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is ’n filofobiak - bang vir die liefde - maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie. Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas ’n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom?

About the author

Skryf was nog altyd ’n deel van Madelie Human se lewe, maar sy het eers op vyftig ernstig begin skryf. ’n Vriendin het haar uitgedaag om fiksie te skryf, en romanse was die logiese keuse omdat dit haar gunstelinggenre is om te lees. In 2008 publiseer LAPA haar eerste Romanza en dit wen ’n Woordveertjie. Madelie is nou ’n gevestigde skrywer met meer as dertig Romanzas op haar kerfstok.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.