Soene in ’n sandkasteel

· Penguin Random House South Africa
eBook
304
페이지
적용 가능
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기

eBook 정보

Sal liefde die sandkasteel van illusies en ontnugtering waarin Daniella haar bevind, wegwaai in die wind? En is vergifnis moontlik? Daniella het haar man verneuk en hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik weer herstel. Sy gaan besoek ’n ou kasteel in Europa. Haar eksman betaal vir die duur wegbreek, sodat sy kan gaan dink en besluit of sy na hom toe terug wil gaan. Sy aanvaar die sprokiesvakansie omdat sy nog altyd ou kastele wou besoek en omdat sy ’n baie romantiese hart het. Sy besluit egter om eerder in ’n winterslaap daar in die sneeuomgewing te gaan, en eers oor Herman se versoek te besluit wanneer sy weer terug in Suid-Afrika is. Maar sy word telkens gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel en al dié se geheime ontdek en begin ontrafel. Sy glo sy verdien nie meer liefde nie. Toe klink dit ook of Remi getroud is en sy besef hy is taboe vir haar. Sy hoor later hy is tog ook geskei, en hoewel sy haar wil oorgee aan die liefde wat groter tussen hulle groei, is sy bang om hom te vertel van die rede vir haar egskeiding. Sy vrou het hom immers ook bedrieg met ’n ander man. Hy sal haar tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie.

저자 정보

Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met haar man Etienne en is ’n trotse ouma.

이 eBook 평가

의견을 알려주세요.

읽기 정보

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
컴퓨터의 웹브라우저를 사용하여 Google Play에서 구매한 오디오북을 들을 수 있습니다.
eReader 및 기타 기기
Kobo eReader 등의 eBook 리더기에서 읽으려면 파일을 다운로드하여 기기로 전송해야 합니다. 지원되는 eBook 리더기로 파일을 전송하려면 고객센터에서 자세한 안내를 따르세요.