Soene onder die Kersboom

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Serina Bothma kom pas uit ’n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op. Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om met haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie...

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Skryf was nog altyd ’n deel van Madelie Human se lewe, maar sy het eers op vyftig ernstig begin skryf. ’n Vriendin het haar uitgedaag om fiksie te skryf, en romanse was die logiese keuse omdat dit haar gunstelinggenre is om te lees. In 2008 publiseer LAPA haar eerste Romanza en dit wen ’n Woordveertjie. Madelie is nou ’n gevestigde skrywer met meer as dertig Romanzas op haar kerfstok.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.