Stryd vir liefde

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 条评价
电子书
224
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ...
Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit ’n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. Sy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lilja se hoop – die messias – kruisig.
Albei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle lê aan skerwe. Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...

评分和评价

5.0
1 条评价

作者简介

Vir Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met haar man Etienne en is ’n trotse ouma. Van haar vorige liefdesverhale sluit in, Silwerspoor van die maan, Liefde op Petit Paris, In die sterre geskryf, en Wintersprokie. Sy het ook twee jeugboeke geskryf, Elikser en Die woud van sneeu en ys.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。