Ter wille van liefde

· Penguin Random House South Africa
E-bog
304
Sider
Kvalificeret
Bedømmelser og anmeldelser verificeres ikke  Få flere oplysninger

Om denne e-bog

Sy wens sy kon omdraai... Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ’n fisioterapeut wat deel is van ’n span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ’n sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ’n sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ’n einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ’n duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika ’n nuwe begin te maak. Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in ’n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...

Om forfatteren

Susan Olivier het grootgeword op Boksburg. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boek wat sy wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou en kinders gehad: haar liefdesverhaal gelewe. ’n Dekade gelede het haar eerste liefdesverhaal op die rak verskyn, nog ’n hoogtepunt in haar lewe. Skryf is haar stokperdjie, want sy werk voltyds. Naweke is skryftyd, en niks laat die woorde beter vloei as ’n heerlike cappuccino by haar gunstelingkoffiewinkel nie.

Bedøm denne e-bog

Fortæl os, hvad du mener.

Oplysninger om læsning

Smartphones og tablets
Installer appen Google Play Bøger til Android og iPad/iPhone. Den synkroniserer automatisk med din konto og giver dig mulighed for at læse online eller offline, uanset hvor du er.
Bærbare og stationære computere
Du kan høre lydbøger, du har købt i Google Play via browseren på din computer.
e-læsere og andre enheder
Hvis du vil læse på e-ink-enheder som f.eks. Kobo-e-læsere, skal du downloade en fil og overføre den til din enhed. Følg den detaljerede vejledning i Hjælp for at overføre filerne til understøttede e-læsere.