An-Mari do Carmo word as tuisskoolkind groot op โn plaas in Noordwes, waar sy van kleins af โn liefde ontwikkel vir lees en skryf. Van graad 10 tot matriek woon sy Domino Servite School by op die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal, die kultus waarin sy grootgemaak is. In 2017 behaal sy haar BA-graad in Taal en Literatuurstudie, met Skryfkuns as hoofvak, aan die NWU-Potchefstroom. Nadat sy vir sewe maande in Frankryk gewerk het, begin sy in 2018 vir LAPA Uitgewers werk as kinder- en jeugboekredakteur en werk vandag steeds voltyds vir Penguin Random House. Haar introvert-hart geniet dit tans om van haar huis in Klerksdorp te werk. Sy bly saam met haar man, Walter, en versamel meer boeke as waarvoor hulle plek het. Toe als groen was is haar debuutroman.