Verbly julle in die hoop

· Geloof, Hoop & Liefde Boek 4 · Penguin Random House South Africa
E-boek
280
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul mense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.

Meer oor die skrywer

Helena Hugo is in Greytown gebore as ’n NG predikantsdogter en word groot op Warrenton. Sy het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSGskryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.