Verklikker

· Penguin Random House South Africa
E-boek
288
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond. Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat nét Marco kan sien.

Meer oor die skrywer

Leon van Nierop is al meer as 44 jaar in die vermaaklikheidsbedryf as omroeper, vervaardiger, regisseur, skrywer in al die media, TV-aanbieder en -vervaardiger en rolprentresensent vir verskeie publikasies, radio en televisie. Hy is ook ’n dosent, hy was spesiale professor in film en is steeds ’n beoordelaar wat op verskeie panele sit. Hy is ’n vryskutkjoernalis, doen profiele oor kunstenaars en akteurs, is ’n reisrubriekskrywer en is welbekend vir sy filmresensies.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.